Select Page

Oepse daisy: Bygewerk en bygereis – C Johan Bakkes

R90.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Baie Goed

Tweede uitgawe, eerste druk, Protea Boekhuis, 2024 – Nie-Fiksie – 223pp. SOOS NUUT.

Oepse daisy kon net sowel “O bliksem”, “O gits” of “O magtag” gewees het, maar miskien is dit tyd om Juanita du Plessis in plaas van Jack Parow te speel. So se Johan Bakkes. Die maklik begaanbare wee hou vir Johan Bakkes geen aantrekkingskrag nie; nee, vir hom altyd maar die smalle wee wat met bloedsweet gepaardgaan. Daar waar min ander dit nog gewaag het. Hier is oudergewoonte heerlike, avontuurlustige vertellings oor ver en naby reise, propvol humor, en nooit sonder deernis vir die medemens nie. Dit gaan hier oor die sielsdinge van reis en verken, veel eerder as die plek en die pad daarheen Die reis bly die tema, maar die ouderdom maak dat melankolie en nostalgie sy kop uitsteek. Die titelverhaal dui op een van die skrywer se heel moeilikste reise – om kolonkanker te oorwin. En uiteindelik wys hy ons hy’s nog nie naastenby naby aan “pushing up daisies” nie.

Book Condition:
Excellent

In stock