Op ‘n Eiland – Karel Schoeman, 1971, 2009 edition – Afrikaans
R69.00
Sold by: Bee's BooksPaperback, 190 pages
Daar is eilande wat deur geen mens bereik is nie, wit strande wat deur geen voet betree is nie; daar is fonteine van helder water waarvan niemand ooit gedrink het nie. Daar is gebiede wat op geen kaart vasgelê is nie en kuste waaraan daar nooit ‘n naam gegee is nie; geen oor hoor daar die geroep van die voëls of die slag van die branders nie, die afstande ongemeet en die dieptes ongepeil – o ja, daar is eilande.
Die verteller, Ruud, gaan kuier op ‘n Griekse eiland by die jong Suid-Afrikaanse skilder Johan, wat daar bly saam met sy Nederlandse vrou, Hilde, en hul babaseuntjie. ‘n Ruk later kom Elsa, ‘n vriendin van Hilde, ook daar aan. Die vier mense woon ‘n tyd lank saam op die eiland, eenkant en geïsoleerd van die eilanders omdat hulle nie Grieks praat nie; op mekaar aangewese maar tog elkeen alleen. Die emosionele wisselwerking wat tussen mens en mens ontstaan, verkry algaande ‘n verwikkeldheid wat uiteindelik moet uitrafel. Soos altyd, beeld Schoeman die wonderbaarheid van mense in hul verhouding tot mekaar, asook hul wesenlike eensaamheid, met helderheid uit.
Book Condition:
ISBN:
978-0-7981-5047-7
In stock
-
Haunted: Ghosts and spirits of Southern Africa, Sian Hall, 2011
R60.00 Add to basket -
Die Stiltetydbybel vir vroue – Maretha Maartens, 1995 – Afrikaans
R79.00 Add to basket -
The meaning of dreams – Franklin D Martini, 2000
R69.00 Add to basket -
Witwatersrand MapStudio Street Guide, 12th edition
R30.00 Add to basket -
Die Goue Vreugde – Audrey Blignaut, 1985 Edition/Uitgawe – Afrikaans
R100.00 Add to basket -
The Riverside Chaucer: New edition – Geoffrey Chaucer, 1992 edition
R150.00 Add to basket
Reviews
There are no reviews yet.