Select Page

Reënboogmense, Reënboogland – Cecile Cilliers

R40.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.
Eerste uitgawe, Tafelberg, 1985, Sagteband – Digbundel – 55 pp.
“In 1981 het Beeld Cecile gevra om n weeklikse rubriek te skryf. Vir jare het haar Donderdag-Beeld-rubriek n wye leserskring opgebou en het sy met haar skerp insig en woordseker styl n erkende meningsvormer geword. Twee versamelings uit dié rubriek het by Lux Verbi verskyn onder die titels Kokkewiet op Donderdag (1992 en Reënboogmense, reënboogland (1995) onderskeidelik, beide saamgestel deur FIJ van Rensburg.
“Reënboogmense, reënboogland verwys direk na die nuwe benaming wat sedert 1994 vir Suid-Afrika posgevat het. Van Rensburg skryf in sy inleiding dat die aktualiteit van die jare 1992 tot 1994 duidelik in die stukke weerspieël word en dat die versameling kort stukkies ‘n klein kaleidoskoop geword (het) van n land en sy mense wat hoofsaaklik met vreugde, maar soms ook met huiwering en deernis beleef word’.”
Oor Reënboogmense, reënboogland meen Erla-Mari Diedericks (Die Burger, 31 Januarie 1996) dat Cilliers nog altyd die gawe gehad het om mense en dié dinge wat haar na aan die hart lê, met deernis en geesdrif te beskryf. “Haar skryfwerk het n meesterlike houvas op die taal, en dié vrou ken van n ding só stel dat jy een sinnetjie oor en oor lees net vir die blote lekkerte, en om te proe hoe die woorde van jou tong afrol … ”
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
2018-06-26

Book Condition:

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist