Rondomtralie – Elsabe Steenberg

R50.00

Toestand : Goed.
Buren, 1972, Hardeband met omslag in plastiek – Roman – 172pp.

Rondomtralie vertel die verhaal van die onderwyseres Salomien Wiid, wat tronk toe gestuur word vir die moord op haar man, maar sy kan nie onthou wat gebeur het nie. Die lewe in die tronk toets haar menswees tot die uiterste. Benewens die wroeging om te probeer onthou wat gebeur het, moet sy die eensaamheid, verskrikking en vernedering van ‘n lewe agter tralies verwerk.

Erger as die eensaamheid en verskrikking, maar veral die vernedering, wat die uiterlike omstandighede meebring, is die innerlike wroeging wat sy deurmaak : die tronk is nie net ‘n plek nie maar ook ‘n toestand, ‘n grys wolf wat haar diepste menswees bedreig. En steeds is daar ‘n soeke na lig, ‘n worsteling om en met die Engel van die Here by haar eie Jabbok.

„Die opvallendste kenmerk van Elsabe Steenberg se werk is ‘n diepgaande en ontoegeeflike erns, ‘n soort besinning wat jou stap vir stap tot by openbaring bring.” – Sarie Marais.

Hierdie boek word in die rolprent Salomien omskep.

Book Condition:
Very_Good

In stock

Categories: ,