Select Page

Somer – CM Van den Heever

R40.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.
Vyfde druk, J. L. Van Schaik, 1977, Hardeband – Novelle – 147pp.

Eerste liefde, jaloesie, hebsug en die mens se stryd teen die elemente om sy voortbestaan, word in hierdie novelle van C.M. van den Heever tot ‘n spannende klimaks gedryf.

Dit is hoogsomer en tyd om die koring te oes op Oom Tom se plaas voor die hael dit afslaan. Die plaas het eers aan sy voorsate behoort, maar nou besit hy ‘n deel, sy broer Frans ‘n deel en ‘n buitestaander, Faan, ‘n ander deel. Faan het die stuk grond gekoop van Tom se ander broer wat uitgeboer het.Faan se seun, Hannes, het ‘n ogie op Tom se pragtige sewentien-jarige dogter, Linda.

Maar toe kom die swerwer-koringsnyer, Wynand, op die plaas aan en Tom huur hom summier om met die koring-oes te help. Linda raak verlief op hierdie stil, hardwerkende swerwer met die onbekende verlede en dit dryf Hannes tot raserny. Intussen probeer Tom sy broer, Frans, uit ‘n finansiële verknorsing help, terwyl Faan sy oog op Frans se grond het, indien Frans nie sy skuld kan delg nie…

* “Bondel” opsie vir goedkoper posgeld.

Book Condition:
Very_Good
ISBN:
0627000398

In stock

Category:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Somer – CM Van den Heever”

Your email address will not be published. Required fields are marked *