-
Vernuwing in die Prosa – NP Van Wyk Louw
R38.00 Add to basket -
Gesinstyd met God – Louise Viljoen
R65.00 Add to basket -
Soos honde van die hemel – Marzanne Leroux Van der Boon
R39.00 Add to basket -
Silk Flowers: Making and Arranging Ribbon Flowers – Anne Hamilton
R39.00 Add to basket -
Cieszyn : fotografie **SEALED COPY** – Mariana Dembinioka
R59.00 Add to basket
Suid van die wind: die verhaal van drie eilande – Elsa Joubert
R35.00
Toestand : Goed.
Tweede druk, Tafelberg, 1964, Hardeband – Reisliteratuur – 205pp. Vorige skoolbiblioteek-eksemplaar met enkele annotasies.
” Elsa Joubert maak haar eerste impak met haar reisverhale, waarin sy nuwe wêrelde open vir Afrikaanses in ’n tyd wat meeste Suid-Afrikaners deur die isolasie van die apartheidsjare dit moeilik vind om vreemde lande te besoek. In haar reisverhale fokus sy die aandag benewens die geskiedenis van die streek veral op die sosio-politieke toestande en die volkeverhoudinge. Met fyn waarneming stel sy ook die gewone mense aan die leser voor, wat dan benewens die indrukwekkende feitestruktuur ook ’n besondere menslikheid aan die verhale verleen.
Suid van die wind handel oor die eilande Madagaskar, Mauritius en Reunion, met die menslikheid en beelding van die relaas wat ’n sterk indruk maak. Die enigste manier om hierdie reis te onderneem is met die vliegtuig na Mauritius, destyds nog voor hierdie eiland se onafhanklikheid, waar Joubert se beskrywing van die maatskaplik-sosiale toestande dus ’n waardevolle kultuurhistoriese dokument is.
Hiervandaan reis sy per boot verder na Reunion en Madagaskar. Dit is veral die reis in Madagaskar wat sy met ’n oorvol bus saam met arm plaaslike inwoners onderneem, wat ’n keerpunt in haar siening van die Afrikane meebring. ’n Klein swart kind raak met sy kop op haar skouer aan die slaap. Die onderliggende besef dring tot haar deur dat dit agting vir lewe is wat mense moet leer en ondervind en ander mense moet gesien word as mense, nie as iets om te verduur nie. Hierdie insig het daarna ’n bepalende invloed op al haar skryfwerk. A.P. Grové neem Die woud wat sterwe uit hierdie boek op in Trekvoëls ’n versamelbundel van reissketse.” – WIKI
In stock