Select Page

T’Sats, Grootste Van Die Groot Jagters – Willem D Kotze

R58.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.
Eerste uitgawe, Tafelberg, 1995, Sagteband – Roman – 126 pp.

T’sats is ‘n jagter soos die Kalahari nog nooit gesien het nie. Hy het as optelkind by ‘n boer langs die Nossobrivier grootgeword, maar op ‘n dag het die roepstem van die vertel te sterk geword. Op soek na sy eie mense het hy deur ‘n vuurdoop van honger en dors en gevaar gegaan om ‘n groot jagter te word. Ook het hy die Kalahari soos die palm van sy hand leer ken.

Noudat hy die leier van sy mense is, word langs die vure vertel van sy bomenslike vermoens. Hy weet presies waar die vroue vir wortels en knolle moet gaan grawe, en waar die jagters die wildtroppe sal krv. Manalleen maak hy twee gevaarlike mensvreterleeus dood. Dit kan nie anders wees nie, glo sy mense: die geeste beskerm horn en vertel horn alles. Maar daar is een ding wat T’sats ontwyk. Sy vrou, N’tsi, het vir horn reeds drie dogters gegee, maar ‘n opvolger het hy nie.

Terwyl hy ‘n vrou gaan soek wat vir horn ‘n seun kan gee, vermoor sy wraak-sugtige halfbroer, Tla!gai, vir N’tsi en die seun aan wie sy uiteindelik geboorte geskenk het. Later neem hy ook beheer oor van die stam en jaag hulle aan Nossob toe. T’sats word verteer deur wraakgedagtes.

In sy verwardheid soek hy na die voorvadergeeste in die lug, maar hulle antwoord nie. Die Here van wie oom Kolie vertel het, wil ook nie op die wolke verskyn nie. Dan vat by die pad terug Nossob toe om ‘n antwoord by die witmense te gaan soek.

Book Condition:

Very_Good

ISBN:

9780624034247

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist
Category: