Select Page

Tussenspel: Etienne Leroux – JC Kannemayer

R200.00

Sold by: Boekhoer

Tussenspel: Etienne Leroux — J. C. Kannemeyer [Samesteller]
Toestand : Goed.
Eerste druk, Perskor, 1980, Groot-formaat Hardeband met omslag in plastiek – Prosa – 115pp. Vorige Biblioteek-eksemplaar.

“Etienne Leroux se verspreide korter tekste word deur J.C. Kannemeyer in twee bundels versamel. Tussenspel bevat sy kreatiewe skryfwerk, soos die kortverhale Die man van Nizjni-Nowgorod, Die rooi ster (met sy wisseling van perspektief), ’n Dag in Berg-en-Dal en Kaartjie vir oortreding.

In laasgenoemde verhaal maak hy oorwegend gebruik van dialoog tussen drie karaktertipes in ’n kroeg om die situasie en verhaal uit te beeld. Daar is Johnie (die rokjagter wat slegs in seks belangstel, al is hy getroud), Jackie (ook getroud, wat voorgee dat hy ’n haan onder die henne is maar in werklikheid maar min sukses op buite-egtelike seksuele gebied het) en die ek (’n vaal en saai mannetjie).

Hierin is dit duidelik dat hy selfs in sy vroegste skryfwerk nie gehou het aan die beperkinge van die tradisionele gemoedelik-lokaal realisme nie en reeds vroeg “gewaagde” onderwerpe soos drank en sekspraatjies uitgebeeld het.

Die vroeë Kroegtoneel en Die bul wat nie wou sterf nie toon woordelikse ooreenkomste met tonele in Die mugu en IsisIsisIsis onderskeidelik, terwyl stukke soos ’n Dag in Berg-en-Dal en die 1972-voordrag oor Koffiefontein die wêreld van sy onmiddellike omgewing oproep. Hierdie bundel bevat ook die korter prosatekste wat opgeneem is in bundels soos Windroos, Herinnering se wei, Son op die land en Wynland.” — WIKI

Book Condition:
Good
ISBN:
0628020007

In stock

Categories: ,