Tweespoor – Helena Gunter **GETEKEN**
R55.00
Sold by: BoekhoerToestand: Goed.
Eerste druk, Protea Boekhuis, 2018, Sagteband – Prosa – 151pp. Geskenk-inskrywing deur die skrywer.
In 1920 skilder Paul Klee die olieverf-skildery, Angelus Novus. In 1940 vertolk Walter Benjamin in sy geskrif, “Uber den Begriff der Geschichte”, dat dit is hoe die engel van die geskiedenis moet lyk: met oopgesperde vlerke, op die punt om weg te vlieg, kyk hy om. Hy sien ‘n katastrofiese verlede, wil terug, die wrakstukke wat hy daar sien opruim, maar ‘n storm uit die paradys het hom aan die vlerke beet, waai hom genadeloos die toekoms in.
In die eerste gedeelte van Tweespoor word ‘n spesifieke Suider-afrikaanse verlede ontgin, en in die tweede ‘n stormagtige eietydse werklikheid. Benewens die twee spore waarop die bundel kortprosa loop, veroorsaak die geskiedenis wat ingesement in die psiges van karakters le, en die opsies wat die hede bied, ‘n turbulensie wat mense in twee rye spore laat loop.
* “Bondel” opsie vir goedkoper posgeld.
Book Condition:
ISBN:
9781485309291
In stock