Uitroep – Trienke Laurie **GETEKEN**

R39.00

Toestand: Goed.
Eerste uitgawe, Tafelberg, 2001, Sagteband – Digbundel – 119pp. Geskenk-inskrywing deur die digter,. Vorige Biblioteek-eksemplaar.

“Trienke se derde digbundel, Uitroep, verskyn in 2001. Sy vertel aan Elize Parker (Sarie, 17 Oktober 2001) dat sy in hierdie bundel haar pa [D. J. Opperman] se digterlike skeppingsproses verken. Daar is ook onder meer gedigte oor Namibië en oor die bekende kunstenaar, Helen Martins, van die Uilhuis op Nieu-Bethesda. Helen se lewensverhaal het nog altyd vir Trienke geïnteresseer omdat sy as outsider-kunstenaar haar eie wêreld wou skep. “Hierdie amperse besetenheid van sulke mense het vir my vele raakpunte met digters se skeppings.” Daar is ook gedigte oor haar ma se dood wat meer direk is met minder beeldspraak. In hierdie bundel is daar ook ’n afdeling met guitige en ligte, speelse kinderverse.

Lucas Malan (Rapport, 28 Oktober 2001) skryf dat hierdie ’n bundel is wat duidelik van ’n digtalent spreek. “Veral in die gedig ‘Kruik van ivoor’ onderneem sy iets
besonders deur die vae spore van haar pa se onvoltooide, nagelate manuskrip van Sonklong oor Afrika te volg en in ’n ‘verbeeldingspel’ iets daarvan te probeer herwin. Dit val op dat sy hier nader aan die gedronge taal en funksionele woordgebruik van die Opperman-idioom beweeg en só besondere effekte bereik.”

TT Cloete skryf in Beeld (2 Februarie 2002) oor hoe Trienke, op ’n betowerende manier, terugwerkend op haar pa se gedigte inwerk. Stilisties is Uitroep ’n werk wat heeltemal op eie bene staan, maar dit gaan om iets veel anders en diepers. “’n Oorkoepelende motief in die bundel is die ontbinding van die bestaande en die weeropstanding daarvan, ’n stuwende siklus, ’n sirkel van lewe en doodgaan en weer begin. Deel van hierdie sirkel is Laurie se gedigte wat ’n soort ‘voltooiing’ is van Opperman se werk wat hy ongepubliseerd gelaat het, maar ook van gedigte wat hy gepubliseer het. […]

So is Laurie ’n oor vir gedigte wat Opperman ongehoord gedink het, sy is die oë (daar is baie oog in die gedigte) waarmee die digter-kind en die digter-pa saam kyk, en Laurie is vir Opperman ’n voltooiende hand in wat hy onvoltooid geskryf het of wou skryf, maar sy is dit in haar eie ryk idioom wat ’n uitroep verdien.” Hy sluit sy stuk af deur te sê dat Laurie se bundeltitel reg is: dis uitroeppoësie, ook in die gedigte wat nie met haar pa te maak het nie.”

Vir Louis Esterhuizen (Die Burger, 9 Oktober 2001) is Uitroep nie net ’n bevestiging van Laurie se plek as digter in Afrikaans nie, maar lewer sy ook met ’n hele paar skitterverse ’n beduidende bydrae tot die uitbouing van die Afrikaanse poësie.”
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
2020-05-14

Book Condition:
Very_Good
ISBN:
9780624040200

In stock

Category:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Uitroep – Trienke Laurie **GETEKEN**”

Your email address will not be published. Required fields are marked *