-
Major Thompson and I – Pierre Daninos
R55.00 Add to basket -
Trying to Save Piggy Sneed — John Irving
R39.00 Add to basket -
Die Inkvoël – Maretha Maartens
R29.00 Add to basket -
Darfur Diaries: Stories of Survival – Jen Marlowe, Aisha Bain, Adam Shapiro
R40.00 Add to basket -
Yoga Made Easy — Rosalind Widdowson
R48.00 Add to basket -
Strength to Love — Martin Luther King
R48.00 Add to basket
Vereeniging: Die Onvoltooide Vrede — Leon Wessels
R60.00
Sold by: BoekhoerToestand : Goed.
Eerste druk, Umuzi, 2010, Sagteband – Biografies – 367pp. ISBN 9781415201213.
In David Goldblatt se boek Some Afrikaners Revisited is daar ‘n foto van ‘n berede jong Afrikaner, geneem by ‘n Nasionale Party-viering in 1964. Daardie jong man was in 1990 die eerste lid van die NP-regering wat verskoning vir apartheid gevra het, en in November 2009 het hy uitgetree as Menseregtekommissaris. Watter pad het hom tot hier gelei? En watter pad het Suid-Afrika in dieselfde tyd geloop?
Wessels vertel pakkend van die groot politieke veranderings wat hy beleef het, as minister in die laaste apartheidskabinet, as grondwetonderhandelaar en menseregte-kommissaris. Maar dis ‘n groter verhaal wat hy vertel.
“Dit maak my vies wanneer apartheid die skuld kry vir alles wat skeef loop,” se hy. “Dit maak my net so vies wanneer mense maak asof apartheid geen impak het op hedendaagse vraagstukke nie.”
Met sy vertrekpunt dat die nuwe Suid-Afrika se grondwet op die aandrang van Nelson Mandela by Vereeninging onderteken is, waar ook die Vrede onderteken is wat die Unie tot stand gebring het, vra hy die vraag hoe ver ons op die weg van vereniging gevorder het. Hy beantwoord dit aan die hand van vyf groot temas: die regstaat, menseregte, rassisme, versoening, en armoede. Wessels, wat ‘n ver pad gekom het sedert sy berede dae, praat oorredend en met ontwapenende eerlikheid oor nasionale en eie dwalings.
* Bondel opsie vir goedkoper posgeld.
Book Condition:
ISBN:
9781415201213
In stock