Select Page

Vlerkdans – Barrie Hough

R35.00

Sold by: Human Bookstore

Ek kom natgereën by die huis aan. My wit hemp klou in donker kolle aan my vas. In die spieël kyk en na die blink oorbel. Toe sien ek die res van myself raak: donker toutjieshare drup oor my voorkop, my skouers is benerig, my arms is dun en die ribbes onder my vel lyk soos lang vingers wat op my borskas lê. My pa se blou oë staar terug na my uit die spieël onder wenkbroue wat, nes syne bokant die neus saamloop. Een van klasmaats, Carol, het eenmaal vir my gesê jy kan geen man met sulke wenkbroue vertrou nie. “Hulle is wolwe.” Ek wonder of ma sal saamstem. Carol het dit seker ook vir die ander meisies vertel, want hulle noem my soms Wolfie. Ek grom vir die ou in die spieël. En dan … dan wys hy tande.

Book Condition:

Excellent

ISBN:

9780624031864

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist
Category: