Vonke uit die koeroeklip: n Eie verhaal uit Namakwaland **GETEKEN** – Gert Sarrisam

R98.00

Toestand : Goed.
Eerste druk, G. C. Engelbrecht, 2006, Sagteband – Streekliteratuur – 256pp. Geteken deur die skrywer.

Gert Sarrisam is die skuilnaam van Gert Engelbrecht (*20 Sept 1944 -), ’n Afrikaanse skrywer van streekverhale oor die Namakwaland. Hy skryf onder die naam Gert Sarrisam (na aanleiding van die naam van sy plaas) omdat dit is soos die mense van die streek hom noem en ken. Die woord Sarrisam kom van die Namas af en beteken sover vasgestel kan word “fluistering van die wind deur die riete”.

Sy skryfwerk begin wanneer sy kerk met nagmaal die blaadjie Die Skakel begin uitgee en versoeke rig vir stories. Hy publiseer self sy boeke oor die Namakwaland en debuteer met Vonke uit die koeroeklip, waarin hy die Namakwaland en sy kontrei benader uit die ongewone invalshoek van die verhouding tussen ’n pa en sy seun, die eeue oue stryd om gesag en vernuwing wat die vonke laat spat, maar terselfdertyd vol deernis en wedersydse respek is. Hierin vertel hy ’n verhaal van herinneringe uit ’n jeugwêreld en beskryf ook die mense van die streek en die toestande waaronder hulle gelewe het.
Die boek word dan ’n optekening van die omgewing se geskiedenis en is beide ’n vermaaklike boek, vlot geskryf in die streektaal, en ’n belangrike kultuurhistoriese dokument.

Book Condition:
Very_Good
ISBN:
9780620375726

In stock