Voor Ek Vergeet: Roman — André P. Brink
R69.00
Sold by: BoekhoerToestand: Baie Goed.
Eerste Uitgawe, Human & Rousseau, 2004, Hardeband met omslag in plastiek – Roman – 384pp. ISBN 9780798144315.
Chris Minnaar is ‘n 78-jarige skrywer wat op sy oudag vir die soveelste keer verlief raak. Maar Rachelle is getroud, en deur haar raak Chris ook betrek in ‘n vriendskap met haar man, ‘n fotograaf.
Dit is ‘n baie intense driehoekige verhouding, wat hom daartoe bring om sy hele lang lewe in oenskou te neem, deur die lens van al die vroue by wie hy ooit betrokke was en wat elkeen op die een of ander manier ‘n sleuteloomblik in die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die 20ste eeu verteenwoordig.
Hulle wissel vanaf sy ma (nou 103 jaar oud) tot die verleidelike Driekie wat hy as dertienjarige seun in ‘n vyeboom leer ken het, vanaf die besete danseres Daphne tot die yskoningin Isolde.
* “Bondel” opsie vir goedkoper posgeld.
Book Condition:
ISBN:
9780798144315
In stock