Select Page

Vuvuzela – Engela Van Rooyen

R38.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Baie Goed.
Eerste uitgawe, Tafelberg, 2015, Sagteband – Jeugoman – 137pp.

Hierdie skooluitgawe is voorgeskryf vir Graad 11, Afrikaans TAT en sluit ‘n inleiding tot die roman in, asook woordverklarings, glossariums, verrykende materiaal, vrae en antwoorde wat op die KABV gebaseer is.

Dit was ‘n groot dag, daardie dag van die Soccer Bid vir Twenty-Ten. Oral was daar ietsie aan die gang om die uitslag te watch. In die township was dit vol by elke plek, dit was net music en colours en stemme en lag.

Buti en Senke het by Sis Kate se plek gewag waar die sjebien se TV met ‘n extension cord uitgebring is en hulle monde was lam geblaas op die vuvuzelas, toe die man met die envelope op die TV-screen verskyn. Hy het dit stadig, baie stadig uitgetrek tot die woorde South Africa daarop wys. En toe het hoor en sien vergaan soos almal bokspring en amandla!-vuis in die lug steek en swing en dans met hoe kniee.

Toe Madiba op die screen verskyn met sy oe wat skreef van die lag, toe hy die trophy hoog in die lug hou – net daar het die plan soos ‘n weerligvoel in Senke se kop geskiet. Sy plan om sy Buti ‘n groot surprise te gee … iets wat hy nooit sal vergeet nie, al word hy ‘n ou mkhulu met ‘n grys baardjie.”

* “Bondel” opsie vir goedkoper posgeld.

Book Condition:

Very_Good

ISBN:

9780624067450

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Vuvuzela – Engela Van Rooyen”

Your email address will not be published. Required fields are marked *