Wals met Matilda – Dan Sleigh

R20.00

Wals met Matilda” was die wenner van die Sanlam Groot Romanwedstryd.

Die see. ‘n Woonstel. Op die balkon ‘n skrywer. Hy kyk af na die blou buitelyn van ‘n man wat hom op die plaveisel onder hom doodgeval het, dwing dan sy blik weg en kyk ver oor die flikkerende vroemôresee. Dit is vir hom asof ‘n vreemder wordende wêreld die woonstel teen die see vasdruk tot dit ‘n eiland word.

Die skrywer wag op ‘n besoeker. Hy weet sy is gestuur. Sy uitgewery het lank genoeg gepleit om ‘n nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het. Sý is hul troefkaart.

Die vrou waai soos ‘n stormsterk suidooster by die woostel in. Hy gooi wal, hy skerm, hy probeer vlug… maar kom stelselmatig agter sy enigste verweer is ‘n verhaal.

Hy vertel wat dit is wat die donker kolk in hom uitgeruk het, en al vertellende herleef in hom ‘n ander verrhaal, die verhaal van ‘n jong man se ontdekking van die groot, groot onbekende.

Book Condition:
Excellent
ISBN:
9780624051466

In stock

Category: