Additional information
Weight | 1 kg |
---|---|
Dimensions | 30 × 21 × 1 cm |
R20.00
Sold by: Best BooksWater blommetjies
‘n Woord wat byna mistieke beeltenisse voor die gees oproep. ‘n Kossoort wat eintlik al die jare lank maar net deur die Wes-Kaaplanders geken is as die volk se kos. Enkelinge was egter gelukkig genoeg om ingewy te wees in die heerlikheid van dié besondere veldkos. Veldkos was dit totdat dit amper verdwyn het as gevolg van baie faktore wat meegebring is deur ons beskawingspatroon; ook in die Boland waar die blommetjies se eintlike habitat is.
Maar waterblommetjies het stadig maar seker begin herleef deur die volgehoue pogings van Vossie en Magriet Louw op die plaas Schoongezicht in Dal Josafat om dié blom en die droom van ‘n vervloeë tradisie te laat herleef en
aan die mense terug te gee wat daarmee groot geword het; maar vir wie dit al byna net ‘n heimwee-objek geword het, omdat die blomme nie meer daar was nie. Dié boek is die eerste poging om die verhaal van die waterblommetjie in Suid-Afrika op te teken. Die teks teken die kultuuragtergrond en die lewens- wyse van die toentertydse waterblometers vir ons lewensgetrou. Dit word uitgebrei deur resepte; ook van die toekos wat tradisioneel by dié groente geëet Woord. Waterblommetjies vertel die verhaal
van mense wat weer bewus geword het van dié erflating van die aarde en wat dit nou weer koester, sodat waterblomme
gesog en daarom weer skaars! geword het. Waterblommetjies is eg, aards en uit eie bodem
Book Condition:
ISBN:
086984217
In stock
Weight | 1 kg |
---|---|
Dimensions | 30 × 21 × 1 cm |