Select Page

Winterreis: drie vertellinge (Afrikaans) – Henrriette Grove

R38.00

Sold by: Boekhoer

Eerste druk, Tafelberg, 1971, Hardeband met omslag in plastiek – Novelles – 166 pp.

“Die Republiekfees-prys in 1971 en die Rapportryersprys in 1972 (laasgenoemde vir ’n Afrikaanse publikasie wat gedurende die voorafgaande vyf jaar in ’n bepaalde genre verskyn het) word deur Winterreis verwerf. Hierdie bundel bevat drie vertellings, Haar naam was Hanna, Wie onthou vir Kinna en Winterreis.

In hierdie vertellings word die temas reeds goed saamgevat in die oorkoepelende bundeltitel. Die winter word verteenwoordig deur die konnotasies van koue, dood en verganklikheid wat dwarsdeur die verhale loop, terwyl die reis nie net die geografiese reise is wat in Winterreis en Wie onthou vir Kinna onderneem word nie, maar veral die reis na die verlede wat in al die verhale voorkom. Soos dikwels in Grové se verhale speel die verlede dan ook ’n groot rol in die hede en word die gebeure achronologies gestruktureer.

Winterreis stel die reis van ’n Duitse grootmoeder na Suid-Afrika en die reis van ’n kleindogter (Anna Amehlia van Staden) terug na haar ouma se geboortewêreld teenoor mekaar, waar veral die dood en die vorms wat dit aanneem, met die lewe en groei gekontrasteer word. So word die sterftes van duisende Duitsers in haar ouma se geboortestad Hofburg tydens die Tweede Wêreldoorlog gekontrasteer met die dood van haar ouma se eersgebore seun, Franz, tydens die Anglo-Boereoorlog.

In Wie onthou vir Kinna weet Dirk Lotter se ma en herinner sy hom ook gedurig daaraan dat sy besig is om te sterwe. Die jong meisie Kinna kom sy siek ma oppas en sy is die simbool van lewe en lewenslus, maar Kinna sterf dan ironies genoeg van inflammasie in die somer. Dirk word ’n chemikus in ’n anorganiese laboratorium waarin hy tyd ophef deur nuwe chemiese verbindinge wat nie bederf of vergaan nie. Na baie jare gaan Dirk op soek na Kinna en hy herontdek haar in ’n plaat kosmos, simbool van kleur en lewe. Ten spyte daarvan dat sy dood is, herontdek hy haar in die terugvind van hoe sy hom laat voel het en weet hy dat sy nie vir hom ooit werklik dood sal wees nie.

In Haar naam was Hanna bly die herinnering van ’n jongmeisie wat haarself opgehang het vir Alethea regdeur haar lewe by. Op ’n stadium oorweeg sy ook selfmoord, maar ’n minnaar help haar om die lewe en liefde te ontdek. Dis egter eers na die dood van ’n ou dame in ’n ouetehuis dat Alethea besef dat die aanloop tot selfmoord minder belangrik is as die feit dat die dood vir ewig is en dit open ’n perspektief waardeur sy deur die dood die lewe meer waardeer.” — WIKI

Book Condition:
Very_Good

In stock

Categories: ,