Wolf Wolf – Eben Venter

R20.00

Op die skerm van die kring-TV sien hy dit: twee spitsore by die voorhek, ‘n Wolfhond?  Hy hou die knoppie en kyk na die liggrys nagtoneel – en die buitegewoon groot hondekop wat hom aanstaar. Daar is iets aan die blik van die donker oë wat nie heeltemal reg lyk nie, en die oomblik dat die hees stem oor die luidspreker kom , weet Mattheüs wat dit is, “Matt,” sê die hondebek, “maak flippen oop. Dis ek.”

Mattheüs Duiker, seun van Benjamin Duiker, eertydse eienaar van Duiker’s Motors, maak die hek van die Kaapse herehuis oop vir sy minnaar Jack.  Vermom soos ‘n wolf dring Jack die intieme ruimte binne waar Matt wag dat sy pa doodgaan sodat sý lewe kan begin.

Blinkoog oor die vooruitsigte sluip die twee jong mans verby die studeerkamer waar die blinde ou man, deurdrenk van droewe verknogtheid en donker vermoedens, lê en wag vir die voetval van die dood.

 

Book Condition:
Very_Good
ISBN:
9780624054993

In stock

Category: